2006-03-16

NETGESPREK 2 - Lydenstyd

Lydenstyd is die 6 weke voor Goeie Vrydag. Dit begin by Sondag van Verheerliking en eindig met die Heilige Week en Goeie Vrydag. Wat het dit te doen met community?

God, so het ons ou al gesĂȘ, is 'n God wat in gemeenskap met my en my medemens leef (ook Jy en Jou medemens). Dit maak van die lesers van hierdie site 'n community wanneer ons Sy teenwoordigheid erken.

Met die geboorte en koms van Christus na die aarde toe het Hy 'n unieke perspektief op hierdie community gegee. Dit is Hy die Skepper, Jesus die Seun van die mens, en ek/jy/ons (God, mens en medemens).

Met lydenstyd het hierdie community verdiep. Oorweeg die volgende: Hy leef en sterf saam met ons - "koinonia" die Griekse woord vir geloofsgemeenskap beteken om SAAM TE LEEF. Hier dra die Community mekaar se laste/sonde op 'n baie besonderse manier.

Maar wanneer Jesus uitroep: My God, My God, waarom het jy my verlaat? word die God, mens, medemens-gemeenskap opgebreek. Met sy sterwe en opstanding word die gemeenskap egter herstel. Is dit nie hoe gemeenskap werk nie? Dat dit altyd eers deur die "dood" gaan voordat dit kan verdiep?


Lydenstyd gee vir ons die hoop dat ons gemeenskap met God en ons medemens kan herstel.