2006-08-18

DIENGESPREK -2 Cosmo CIty


Ek het al voorheen gesĂȘ dat Cosmo City baie geleenthede gaan bied vir selgroepe om projekte te loods. Ons is vol moed dat Jos Nyathi middel na einde Oktober sal kan intrek en ons vroeg in November met byeenkomste sal kan begin.

Hier is die eerste voorstelle:

Om 'n meesterplan op te stel vir die kerkterrein - sodat ons die tent op die regte plek opslaan - benodig ons 'n argitek en 'n siviele ingenieur.

As ons begin November met byeenkomste wil begin benodig ons:

- 'n Borgskap vir die tent
- 'n klankstelsel
- stoele
- kateder of tafel
- 'n Staal "container" waarin ons goed kan toesluit

Vir meer inligting bel vir myself of Jos Nyathi by 796-6800 of vir Douwe van Wyk by [072]944-3644. Ander persone wat met die projek help is Robert Schmdit, Maria Engelbrecht, Johan Heunis, Estelle Bester, Bennet Funda en ds. Nico Mostert van Greymont.

Kom ons maak hierdie opwindende geleentheid 'n Kleingroep-projek

No comments: